Verdrag van Staal

Galeazzo Ciano, Adolf Hitler en Joachim Von Ribbentrop by die ondertekening van die Verdrag van Staal in die Reichskanzlei in Berlyn

Die Verdrag van Staal ( Duits: Stahlpakt, Italiaans: Patto d'Acciaio), wat formeel bekend staan as die Vriendskapspakt en Alliansie tussen Duitsland en Italië, was 'n ooreenkoms tussen Fassistiese Italië en Nazi-Duitsland, wat op 22 Mei 1939 deur die ministers van buitelandse sake van Italië en Duitsland, onderskeidelik Galeazzo Ciano en Joachim von Ribbentrop, gesluit is.

Die verdrag het uit twee dele bestaan: die eerste gedeelte was 'n oop verklaring van die voortgesette vertroue en samewerking tussen Duitsland en Italië, terwyl die tweede 'n geheime bykomende protokol 'n eenheid van militêre en ekonomiese beleid aangemoedig het. Sommige lede van die Italiaanse regering, insluitende die ondertekenende Ciano, was egter teen die Verdrag gekant.

Dit was die Italiaanse leier, Benito Mussolini, wat die ooreenkoms 'n "staalpakt" (Verdrag van Staal) genoem het nadat aan hom oorgedra is dat die oorspronklike naam, die "bloedpakt", waarskynlik swak ontvang sal word in Italië. Roemenië het op 23 November 1940 by die verdrag aangesluit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search